Piekfyn met piesangs

~ Maroela Media, Desember 2021 ~

Het jy al ooit gewonder waarom sportlui soos tennisspelers die een ná die ander piesang tydens wedstryde verorber? Wel, dié nederige vrug is nie net goedkoop en maklik om byderhand tehou nie, maar ook propvol gesondheidsvoordele.

 

Tien redes om piesangs op die proef te stel

  1. Ryk in voedingswaarde. Hoewel ‘n piesang nie baie proteïen bevat nie, bevat dit geen vet nie en bied dit tot 12% van jou daaglikse dosis vitamien C, 10% van die aanbevole hoeveelheid kalium en 8% van die magnesium wat jou liggaam per dag benodig.
  2. Hou bloedsuiker in toom. Piesangs is ryk aan oplosbare vesel. Dit help nie net om jou bloedsuikervlak in toom te hou nie, maar vertraag uitskeiding (wat jou langer versadig laat voel). Al bevat piesangs heelwat koolhidrate, laat dit nie jou bloedsuiker die hoogte inskiet nie. Mense met diabeters moet egter matigheid voor oë hou.

 

Lees meer hier