Prostaatkanker: Manne, moenie dié toets uitstel

~ Maroela Media, Augustus 2021 ~

“‘n Vingerondersoek? Vergeet dit! Ek sal eerder ‘n wortelkanaalbehandeling kies,” antwoord ek vroulief vererg. Ek moes eerder stilgebly het oor my draai lopery wat net nie lekker wou, wel, loop nie.

 

Dit is egter die Prostaatkankervereniging van Suid-Afrika se statistiek dat ongeveer 1 uit 8 Suid-Afrikaanse mans waarskynlik deur prostaatkanker geraak sal word wat my laat instem het om daar en dan ‘n doktersafspraak te maak.

 

Prostaatkanker is volgens die nasionale kankerregister die mees algemene  soort kanker by mans. Hoewel meer gevalle van prostaatkanker jaarliks gediagnoseer word omdate meer mans hulle vroeër en meer gereeld laat toets, lei dié vroeë toetsing, diagnose en behandeling tot ‘n baie laer sterftekoers.

 

Lees meer hier.