Pyn by pomp duur voort

~ Maroela Media, September 2021 ~

Vir verbruikers wie se motors al begin luier het in die hoop dat hulle met die afskop van die lente hul petrolrekening kan verminder, is daar helaas vir die soveelste maand min tot geen verligting nie.

 

Hoewel boere en bestuurders van dieselvoertuie tussen 14c en 15c per liter minder gaan opdok (op die groothandelprys), is dit beswaarlik genoeg om ‘n bossie blomme mee te koop. Petrolkoppe is nie so gelukkig nie en gaan ‘n nuwe rekordbedrag betaal. Die kleinhandelwinsgrens op petrol styg met 5,7c per liter.

 

Soveel gaan jy van môre af hoes:

  • Petrol (alle grade): 4c per liter meer
  • Diesel (0.05%-swaelinhoud): 15,22c per liter minder
  • Diesel (0.05%-swaelinhoud): 14,22c per liter minder
  • Paraffien: 20c per liter minder
  • Gas: 94c per kilogram meer.

 

Lees meer hier.