Sampioene: Gesonde superswam

~ Maroela Media, Maart 2022 ~

Hoe kleurvoller jou bord kos, hoe gesonder, nie waar nie? Wel, daar is beslis uitsonderings. Ofskoon sampioene dalk vaal en vervelig voorkom en uit 90% water bestaan, staan dié swam sy gesondheidskoene vol en verdien ‘n ereplek in enigiets van sop tot slaai – rou, gekook óf gebraai.

 

In antieke Egipte was sampioene uitsluitlik vir koninklikes beskore. Hiërogliewe van duisende jare gelede toon dat die Egiptenare geglo het dat sampioene onsterflikheid bring. En in 400v.C. het Hippokrates, wat allerweë as die vader van moderne medisyne beskou word, die medisinale waarde van sampioene in sy geskrifte genoem.

 

Hulle het beslis ‘n punt beetgehad, want die 4% eetbare én smaaklike soorte sampioene (uit die geskatte 50 000 spesies) hou verskeie gesondheidsvoordele in.

 

Lees meer hier.