Sê nee vir energiedrankies dié eksamen

~ Maroela Media, Junie 2021 ~

Of jy nou die langpad vat of laataand vir die eksamen voorberei, dink twee keer voordat jy die een ná die ander energiedrankie opslurp, waarsku kenners waarmee Maroela Media gesels het. Dié korttermyn-energiehupstoot kan jou gesondheid se vlerke vinnig knip.

 

Energiedrankies beloof dikwels verhoogde energievlakke, verstandelike opskerping, verbeterde fisieke prestasie en self gewigverlies. Nagenoeg $57.4 miljard (sowat R780 miljard) van dié dikwels verslawende modedrankies is in 2020 wêreldwyd verkoop en daar word geraam dat Suid-Afrikaners meer as 168 miljoen liter hiervan per jaar drink.

 

Al die blink beloftes op die blikkies ten spyte, sê dr. Dirk Lombard, mediese praktisyn van Kempton Park, is daar talle bewyse dat energiedrankies ernstige gesondheidsgevare, veral vir kinders, tieners en jong volwassenes, inhou.

 

Lees meer hier.