Slaaphigiëne: Skakel af en slaap

~ Maroela Media, Augustus 2021 ~

Covid-19 het die grense tussen kantoor en huis vervaag het en pleks van die minder tyd in spitsverkeer vir sluimer inruil, is ons voor sonop (sommer pajamas en al) reeds voor die rekenaar. Donkernag word eposse nog vir oulaas in die katel gekontroleer.

 

‘n Kommerwekkende aantal mense sukkel sedert die eerste inperking in 2020 met slaapversteurings. Toenemende isolasie verhoog die voorkoms van depressie en angs, en voorskrifte vir slaapmedikasie het volgens navorsing met soveel as 20% toegeneem.

 

Die ontwrigting in ons slaappatrone weens finansiële onsekerheid, toenemende werkdruk (en baie langer werkure as tradisionele kantoorure), ‘n ongekende hoeveelheid tyd aanlyn (of dit nou Zoom-vergaderings, vraatkyk van ‘n dramareeks of ure op sosiale media is) word deur kenners as koronasomnia beskryf.

 

Lees meer hier.