Sonja Smith: Stem vir die stilgeborenes

~ Maroela Media, Mei 2021 ~

Die dood maak met niemand ‘n afspraak nie.Of jou geliefde sestig of 26 weke oud is, ‘n begrafnis is bepalend om berusting te bring. Daarom het begrafnisgroepeienaar Sonja Smith (59) besluit om die weersinwekkende wetgewing rondom babasterftes te beveg. Om ‘n stem vir stilgeborenes te wees, tot sy self haar laaste asem uitblaas.

 

Dis’n mistroostige Meidag. In my gedagtes draal die seisoene terug tot presies 16 jaar gelede toe ek Pa se Potch-begrafnis moes reël. Dit voel soos gister: Eenvoudige Joodse kis met gevlegte touhandvatsels wat deur die roesbruin buik van die aarde ingesluk word, die dowwe plofgeluid van grawe vol grond wat op die deksel dawer.

 

“Hierdie is ‘n wrewelwerk (grudge business). Jy wíl nie met ons besigheid doen nie, maar jy móét. Jy word gedwing,” groetsê Sonja en bedien koffie en fyngebak in die raadsaal van die Meyerspark-franchise van Sonja Smith Elite Funeral Group in Pretoria.

 

Lees meer hier.