Sonslimwenke vir die kleinspan

~ Maroela Media, Desember 2021 ~

Die skoolvakansie is byna hier en vir die kleinspan beteken dit sonskyn, strande, swem en buite speel. Dit is belangrik dat kinders die son en buitelug moet geniet, maar die Suid-Afrikaanse son is niemand se speelmaat nie. Jong velletjies is ekstra kwesbaar.

 

Selfs geringe sonskade wat jou kind se vel kleintyd opdoen, kan later in sy of haar volwasse lewe lei tot probleme soos vlekke, vroeë veroudering of selfs velkanker. Maak dus seker die jongspan geniet die warm weer en buitelug sonder die eina van ‘n seer sonbrand, en al die gevare wat daarmee gepaard gaan.

 

Tien wenke

Vermy piektye in die son: Die oumensie het nie verniet geglo as jou skaduwee korter as jy is, moet jy uit die son bly nie. Tussen 10:00 en 16:00 is die son se strale gewoonlik die gevaarlikste. Probeer verhoed dat kinders in dié tyd lang tye in die son deurbring. Maak planne sodat kinders in die skaduwee kan speel of kuier, byvoorbeeld deur ‘n gazebo op te slaan. Onthou, ‘n ligte vel, sproete, rooi hare of blou oë maak ‘n kind meer vatbaar vir sonbrand.

 

Lees meer hier