Spaarmaand: Goedkoper, omgewingsvriendelike skoonmaakmiddels

~ Maroela Media, Julie 2021 ~

“Is die bleikmiddel al wéér op?” vra ek dikwels tot vroulief se ergernis as ons die week of maand se inkopielysie saamstel. Haar antwoord behels gewoonlik iets soos: “Glo my, niemand in dié huis drink Jik nie,” gevolg deur ‘n kyk wat enige kiem sommer vanself die hasepad sal laat kies.

 

Lang storie kort en myns insiens bo-aan my toptienlysie van positiewe bladsye wat ons tot dusver uit die nimmereindigende, onbekende koronavirusboek kon skeur, is die skietstilstand oor skoonmaakmiddels wat ons bereik het.

 

Die “Vrede van Kempton Park” behels dat ek en vroulief akkoord gaan dat skoonmaakmiddels ‘n wrewelkopie is wat enersyds peperduur en andersyds (veral in dié tyd) broodnodig is. Siende dat huis ook kantoor en dikwels ook skool is, is sindelikheid volgens die Brandverdrag ononderhandelbaar. Minder geld, minder gemors, meer omgewingsvriendelik is ons nuwe missie.

 

Lees meer hier.