Spaarmaand: Tem jou kruideniersware se begroting

~ Maroela Media, Julie 2021 ~

Met die skoolvakansie wat vervroeg is en talle mense wat (ten minste vir die volgende twee weke) op vlak 4 van die nasionale inperking weer hul tuiskantoorlessenaar gaan afstof, is die yskas en koskas opnuut almal se beste vriend.

 

Ofskoon daar niks lekkerder is as ‘n stomende beker sjokolade op ‘n koue wintersdag nie, moet ons ligloop om nie die maand se hele kosbegroting vóór die volgende “familievergadering” te blaas nie!

 

In die gees van Nasionale Spaarmaand wat in Julie gevier word gaan Maroela Media oor die volgende paar weke lesers verskeie nuttige spaarwenke bied. En ons spring sommer weg met die inkopiewaentjie in die hand.

 

Lees meer hier.