Stil sluipmoordenaar in jou are

~ Maroela Media, Mei 2022 ~

Wanner laas het jy jou bloeddruk laat toets? As ‘n mens na die hoë voorkoms van hipertensie, oftewel hoë bloeddruk, onder Suid-Afrikaners kyk, is dit duidelik dat ons nie naastenby gereeld genoeg vir dié eenvoudige en vinnige toets by die plaaslike kliniek of apteek indraf nie.

 

Luidens ‘n studie wat onlangs in die mediese joernaal Global Epidemiology gepubliseer is, ly sowat 45% van mans en 48% van vroue ouer as 15 jaar in Suid-Afrika aan hipertensie. Die skrikwekkendste bevinding van dié studie is dat slegs sowat 19% van mans en 29% van vroue wat hipertensie het, bewus is dat hulle dié toestand het.

 

Hoë bloeddruk is een van die hoofoorsake van sterftes wêreldwyd – meer as 13% van alle sterftes kan hieraan toegeskryf word. Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) sterf byna 18 miljoen mense jaarliks aan harttoestande, met hipertensie wat die grootste sondaar is.

 

Lees meer hier.