Taksseisoen: Dís wat jy moet weet

~ Maroela Media, Julie 2021 ~

Met ‘n krimpende arbeidsmark en gevolglik minder belastingbetalers wat die staatkas van sinking moet red, is die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) se potlood ekstra skerp gemaak om dié belastingseisoen enersyds seepglad te laat verloop en andersyds te verseker dat elke moontlike sent ingevorder word.

 

Die nuwe belastingseisoen, vir indiening van opgawes van 1 Maart 2020 tot 28 Februarie 2021, het op 1 Julie afgeskop. Ofskoon die aanvanklike invorderingsteiken R1365 miljard was, het Covid-19 die arbeidsmark in ‘n slagveld omskep met na raming 700 000 minder belastingsbetalers wat die rande gaan laat inrol.

 

Die daling in die aantal belastingbetalers van sowat 7,6 miljoen tot ‘n geraamde 6,9 miljoen, sal ‘n beduidende invloed op die inkomstekant van die staat se spreiblad hê.

 

Lees meer hier.