Tegnologiereuse se pandemie-beker loop oor

~ Maroela Media, Julie 2021 ~

Of skoon die koronaviruspandemie se bitter beker beswaarlik by ‘n enkele sakeonderneming op die planeet verbygegaan het, glimlag die wêreld se tegnologiereuse, maskers en al, nou breër as ooit.

 

Benewens die feit dat oud en jonk reeds langer as ‘n jaar toenemend op tegnologie se knoppie druk vir alles van virtuele vergaderings tot kuberklaskamers, verkoop aanlyn advertensies soos soetkoek (én saniteerder).

 

Facebook, wat byna al sy geld uit advertensies  verdien, het die afgelope week ‘n omset van $29,1 miljard vir die drie maande tot 30 Junie vanjaar bekendgemaak. Dit is ‘n 56%-sprong teenoor dieselfde tydperk verlede jaar toe Covid-19 die wêreld se wind uitgemoker het. Sy kwartaallikse wins het meer as verdubbel tot byna $10,4 miljard.

 

Lees meer hier.