Tienerselfdood: Trauma, tekens en terapie

~ Maroela Media, Junie 2021 ~

Gesinne en gemeenskappe is die afgelope tyd geruk deur die selfdood van tientalle tieners. Mees onlangs het die 13-jarige Kaylee-Shaye Coetzer, ‘n gr.7-leerder aan die Laerskool Lynnwood in Pretoria, haar eie lewe geneem. Maroela Media het met ‘n paar kenners oor die kommerwekkende toename in tienerselfdood gesels.

 

“Tienerselfdood is beslis aan die toeneem en kinders tussen 9 en 18 jaar is ‘n hoërisikogroep. Omdat hulle alles in oortreffende trap beleef – emosies en invloed – glo hulle daar is geen oplossings vir probleme nie. Hulle sien selfdood as ‘n permanente oplossing vir ‘n tydelike probleem. Daarom moet alle dreigemente of ‘n verandering in gedrag ernstig opgeneem word,” sê Heleen Coetzee, kliniese sielkundige en senior lektor verbonde aan die Noordwes-UNiversiteit (NWU) se Potchefstroomkampus.

 

“Selfdood bring soveel vrae en skuldgevoelens, en die samelewing is vinnig om vinger te wys: die ouers moes dít gedoen het, die skool moes dát raakgesien het,” sê prof. Elmari Deacon, kliniese sielkundige en adjunk-direkteur van die NWU se Skool vir Psigosiale Gesondheid.

 

” ‘n Gebrek aan verstaan van die leefwêreld van adolessente asook die wortel van die probleem, diepliggende depressie, word misgekyk en nie aangepak nie.

 

Lees meer hier.