TymeBank kry Foschini-baadjie

~ Maroela Media, Oktober 2021 ~

Die digitale bank TymeBank het sy skoene onder die Foschini-groep (TFG) se bed ingeskop en hoop om munt te slaan uit dié kleregroep se sowat 26 miljoen Suid-Afrikaanse klante.

 

TymeBank word besit deur African Rainbow Capital (ARC), die beleggingshouermaatskappy wat deur die sakemagnaat dr. Patrice Motsepe op die been gebring is. TFG besit onder meer Foschini, American Swiss, @home, Totalsports en Sportscene.

 

TFG het Jet vroeër by Edcon gekoop in ‘n transaksie ten bedrae van R480 miljoen, wat in September verlede jaar afgehandel is. Jet bied aan TFG toegang tot die laeinkomstegroep wat voorheen nie bereik is nie. Die groep meen die 345 Jet-vlagskipwinkels hou ‘n markgeleentheid van meer as R12 miljard in.

 

Lees meer hier.