Video: Kragtige kykers vir kiekies én klets

~ Maroela Media, September 2021 ~

Danksy die brilhandelmerk Ray-Ban en Facebook is die dae binnekort verby wat jy vir jou foon moet vroetel om ‘n vinnige foto te kan neem.

 

Dié twee groepe het kragte saamgesnoer om ‘n brilreeks bekend te stel waarin jy nie net fyngevat sal vertoon nie, maar jy kan kiekies en kort video’s neem, na musiek luister en selfs oproepe maak.

 

Die reeks, genaamde Ray-Ban Stories, bied ‘n keuse uit drie ikoniese rame, vier kleure en ses lenssoorte, liggewig en kompleet met ‘n laaikassie. Boonop kan dit volgens jou (oog-) voorskrif vervaardig word.

 

Lees meer hier.