Video: Vlieënde verligting vir verkeersknope

~ Maroela Media, September 2021 ~

Is dit ‘n kar of ‘n komeet? Nee, dis ‘n kapsule, oftewel uSky Transport se vlieënde vervoermiddel wat beloof om binnekort verligting vir vlugflouheid én verkeerskopsere in verskeie lande te bring.

 

Met talle lande wat al hoe meer maatreëls en mikpunte instel om hul koolstofvoetspoor te verklein en aardverwarming teen te werk, word daar in alle erns geskarrel om enersyds die produksie van groener wiele soos elektriese motors en motorfietse aan te vuur en andersyds alternatiewe vervoermiddels te ontwikkel wat pendelaarsfrustrasie op ‘n omgewingsvriendelike wyse verminder. Verkeersligte wat met kunsmatige intelligensie toegerus is om verkeersvloei meer vaartbelyn te maak, is voorts in aantog.

 

Wyl die meeste maatskappye se planne waarskynlik tot wetenskapsfiksievoorstellings op papier beperk sal bly, beplan uSky om mense binnekort (so vroeg soos 2023) én blitsig (teen 150 km/h) in lugpeule (sky pods) bo die woestynstof en stadsrumoer te laat reis.

 

Lees meer hier.