Video: Vroue vat voor in dié fabriek

~ Maroela Media, September 2021 ~

Vergeet van glasplafonne en vroue wat verbete veg om op gelyke voet met hul manlike eweknieë in die raadsaal mee te ding. In Indië vat vroue vreesloos voor in ‘n splinternuwe fabriek wat elektriese motorfietse vervaardig. Gerat om, moersleutel in die hand, te wys dat die Evasgeslag nie skroom om skouer aan die wiel te sit nie.

 

Volgens Bhavish Aggarwal, medestigter en uitvoerende hoof van Ola Electric se FutureFactory in Tamil Nadu in Indië, sal meer as 10 000 vroue uiteindelike hier in diens geneem word.

 

Die eerste groep vroue het reeds die afgelope week in dié fabriek begin werk, en produksie sal na verwagting teen einde 2022 op volle vaart laat wiel.

 

Lees meer hier.