Volk(sie)besit: 70 jaar later

~ Maroela Media, September 2021 ~

Daar is min motorvervaardigers wat daarmee kan spog dat hulle enersyds volksbesit geword en andersyds midde- in ‘n wêreldwye pandemie woema opgetel het. Volkswagen is gewis ‘n handelsmerk wat ons land op horings geneem én in ons harte ingekruip het.

 

Ofskoon sy wortels in Duitsland lê, het dié groep op 31 Augustus, presies sewe dekades gelede, diep Suid-Afrikaanse spore begin ry toe die eerste kewer van Volkswagen Suid-Afrika (VWSA) se monteeraanleg in Uitenhage (nou Kariega) gewoerts het. Binne vier maande sou 290 bestuurders met blinknuwe kewers spog.

 

Die Volkswagen-groep het wêreldwyd sedert die Tweede Wêreldoorlog altesame 21 529 464 van die klassieke kewers (nie die latere moderne weergawe nie) gebou, waarvan die laaste op 30 Julie 2003 in Meksiko was.

 

Lees meer hier.