Wanneer die liggaam homself aanval

~ Maroela Media, Maart 2022 ~

Die tonge is behoorlik los nadat Oscar wenner Will Smith die komediant Chris Rock tydens die regstreekse uitsending van dié glansryke rolprenttoekenningsgeleentheid ‘n taai klap gegee het. Dit kom nadat Rock spottenderwys na Smith se vrou, die aktrise Jada Pinkett Smith, se kort kapsel verwys het.

 

Rock het na Pinkett Smith verwys en gesê hy sien uit na die opvolgfliek van G.I. Jane. In die oorspronklike 1997-rolprent speel Demi Moore (met afgeskeerde hare soos dié van Pinkett Smith) die rol van luitenant Jordan O’Neill, die eerste vrou wat die geleentheid gekry het om ‘n plek in die Amerikaanse Navy Seals te verdien.

 

Ofskoon Will Smith se dwarsklap (en gekruide verbale vermaning aan Rock) blitsvinnig by die lys van “onvergeetlike Oscar-oomblikke” gevoeg is, het dit ook opnuut die kollig geplaas op outo-immuunsiektes. Pinkett Smith ly sedert 2018 aan ‘n seldsame outo-immuunsiekte genaamd alopesie, wat veroorsaak dat ‘n mens óf plek-plek hare verloor, óf hande vol hare op ‘n slag uitval totdat jy heeltemal bles is.

 

Lees meer hier.