Wat die hart van vol is

~ Maroela Media, September 2021 ~

Suid-Afrika spog met baanbrekerswerk op die gebied van hartoorplanting deur dr. Chris Barnard meer as vyf dekades gelede tot Suid-Afrikaanse en Italiaanse navorsers wat onlangs ‘n geen geïdentifiseer het wat die diagnose en doelgerigte behandeling van hartspiersiektes moontlik maak.

 

So veel as 225 Suid-Afrikaners sterf elke dag aan hartverwante siektes en daar is tien beroertes elke uur in ons land. Hartbewustheidsmaand word jaarliks in September in Suid-Afrika gevier, met Wêreldhartdag wat op 29 September die belangrikheid beklemtoon.

 

Cholesterol word as stille moordenaar beskryf en speel ‘n groot rol daarin dat hartverwante sterftes naas tuberkulose en diabetes tot die meeste natuurlike sterftes in Suid-Afrika lei, aldus ‘n onlangse verslag deur Stats SA.

 

Lees meer hier.