Watwou weggooi! Hergebruik en spaar

~ Maroela Media, Julie 2021 ~

Suid-Afrika is besig om in sy eie afval te verstik. Slegs 10% van die geraamde 108 miljoen ton rommel wat jaarliks gegenereer word, bereik herwinningsaanlegte, terwyl die meerderheid van die land se 826 stortingsterreine kritieke kapasiteit nader.

 

Ons is meesters van mors. Van die sowat 30 miljoen ton voedsel wat jaarliks plaaslik geproduseer word, beland 10 miljoen ton daarvan in die vullisdrom. Met kospryse wat nie brieke het nie, sal ons vinnig van fiemies en foefies moet begin vergeet om ons begroting oor die maandeindstreep te abba.

 

Waar daar egter ‘n spaarwil is, is daar ‘n weg! Probeer gerus dié hergebruikwenke en laat die omgewing én jou beursie ‘n bietjie asemskep.

 

Lees meer hier.