Wêreld-emojidag: Dié prentjies gee die pas aan

~ Maroela Media, Julie 2021 ~

Die TikTok-generasie kan die laggesiggie-emoji dalk as oudmodies beskou, maar navorsers van Adobe, wat 7 000 gebruikers in die VSA, die Verenigde Koninkryk, Duitsland, Frankryk, Japan, Australië en Suid-Korea ondervra het, het bevind dié “laugh out loud”-emoji is steeds voor in die prentjiekoor.

 

Kort op die LOL-emojise hakke as gewildste is die duimpie-emoji, gevolg deur die rooi hartjie, gesiggie wat ‘n soentjie met ‘n knipoog stuur, en die gesiggie met een traan. Die drie emoji’s wat mense die meeste laat kopkrap en misverstaan word, is die eiervrug, perske en hanswors.

 

Die sagtewarevervaardiger se bevindings uit sy 2021 Global Emoji Trend Report is op die vooraand van Wêreld-emojidag, wat jaarliks op 17 Julie gevier word, bekendgemaak. Die studie is onderneem deur Paul D Hunt, Adobe se lettertipeontwerper, afgevaardigde by die Unicode-konsortium se emoji-subkomitee (wat oor nuwe emoji’s besluit), en die skepper van die geslagsinklusiewe emoji.

 

Lees meer hier.