Wêreldgehoordag: Spits jou ore hiervoor

~ Maroela Media, Maart 2022 ~

Daar is ongelooflik baie dinge wat ons as vanselfsprekend aanvaar. Die sensoriese belewenis van die wêreld om ons is sekerlik een van die vernaamstes: die selfoonwekker wat ons soggens uit die slaapnewels skud, die skaterlag van die spelende kleinspan, die knetterklank van ‘n kaggelvuur, die simfonie van reën wat op ‘n sinkdak dans.

 

Om te kan hoor, is sowat vier miljoen Suid-Afrikaners egter nie beskore nie. Daarom behoort Wêreldgehoordag op 3 Maart ons opnuut te noop om ons ore te spits vir die belangrikheid van oor- en gehoorsorg én in dankbaarheid te besin oor die geskenk van gehoor.

 

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) raam dat byna 2,5 miljard mense wêreldwyd, oftewel een uit elke vier mense, teen 2050 met ‘n mate van gehoorverlies sal leef. Volgens die WGO se eerste Wêreldverslag oor Gehoor gaan minstens 700 miljoen van dié mense toegang tot oor- en gehoorsorg, asook ander rehabilitasiedienste benodig.

 

Lees meer hier.