Wortels geen wolhaarstoie

~ Maroela Media, Maart 2022 ~

Dit is beslis nie ‘n wolhaarstorie dat wortels goed is vir jou oë is nie, sê kenners. Dié groente, wat aanvanklik nie oranje was nie, is nie net goed vir jou sig nie, maar ‘n voedsame peuselhappie propvol broodnodige voedingstowwe.

 

Emily Chew, adjunk-kliniese direkteur by die National Eye Institute, het aan Scientific American gesê die liggaam gebruik die betakaroteen in wortels (wat aan dié groente sy kleur verleen) om vitamien A te vervaardig.

 

“Vitamien A help die oog om lig in ‘n sein om te skakel wat na die brein oorgedra word. Dit stel ‘n mens in staat om veral in swak lig beter te kan sien. Boonop kan die kornea (die deursigtige voorkant van die oog) letterlik wegkwyn as die liggaam nie genoeg vitamien A inkry nie. Elke jaar word tussen 250 000 en 500 000 kinders blind as gevolg van ‘n vitamien A-tekort,”‘sê Chew.

 

Lees meer hier.