Google gee vasteland finansiële inspuiting

~ Maroela Media, Oktober 2021 ~

In ‘n poging om stukrag aan die digitale transformasie in Afrika te gee, het die tegnologiereus Google, wat deur die Amerikaanse Alphabet-groep besit word, gesê hy beplan om oor die volgende vyf jaar nog sowat $1 miljard (R15 miljard) in die vasteland te belê.

 

“Ek is opgewonde om ons verbintenis tot die vasteland te herbevestig. Dié finansiële inspuiting sal nie net vinniger en verbeterde internetverbinding in die hand werk deur middel van die ondersese kabel Equiano nie, maar sluit ook steun aan sakeondernemings in,” het Sundar Pichai, uitvoerende hoof van Google en Alphabet op die eerste Google for Africa- aanlyn konferensie gesê.

 

Google se Equino-kabel sal Afrika met Europa verbind en landingsplekke in onder meer Suid-Afrika, Namibië, Nigerië en St. Helena hê. Die kabel sal Nigerië waarskynlik in Maart volgende jaar bereik en later in 2022 ‘n landingsplek in Kaapstad kry.

 

Lees meer hier.