Hemofilie: Seldsame bloedsiekte

~ Maroela Media, April 2022 ~

Hemofilie is ‘n afwyking waarin die bloed nie op die tipiese manier stol nie, omdat dit nie genoeg bloedstollingsproteïene bevat nie. Ofskoon dit baie seldsaam is en slegs een uit elke sowat 10 000 mense hiermee gebore word, is duisende mense wêreldwyd óf ontvang nie die nodige mediese behandeling nie. Om dié rede werp Wêreldhemofiliedag op 17 April jaarliks die kollig op dié seldsame bloedsiekte.

 

Iemand met hemofilie bloei nie méér nie, maar wel vir ‘n langer tyd. Klein snye is nie so kommerwekkend nie, maar as jy ‘n ernstige vorm van dié toestand het, is inwendige bloeding, veral in jou knieë, enkels en elmboë, ‘n ernstige risiko. Inwendige bloeding kan jou organe en weefsel beskadig en lewensgevaarlik wees.

 

Danksy moderne mediese behandeling het die lewensverwagting van hemofiliepasiënte van 30 tot 68 jaar toegeneem, aldus die Wêreldfederasie van Hemofilie (WFH). Die WFH is ‘n organisasie sonder winsoogmerk wat hom toespits op die verbetering van sorg vir mense met oorgeërfde bloedversteurings in 147 lande.

 

Lees meer hier.