Hokaai met dié happies vir jou hond

~ Maroela Media, Februarie 2022 ~

Dis daardie kyk in sy oë of haar sagte snikgeluidjies onder die etenstafel wat ‘n mens aanhits om jou watertanddis met jou woef te deel. Een stukkie sal mos nie skade doen nie, of hoe?

 

Kenners maan dat ‘n mens versigtig moet wees om sommer enigiets vir jou viervoet te gee om aan te peusel. Die korttermyntevredenheid van ‘n waaiende stert mag dalk net verreikende gesondheidsprobleme vir jou beste vriend inhou en selfs dodelik wees. Hier is ‘n lys van die veilige én verbode happies:

 

Veilige versnaperings

 

  • Piesangs is enersyds ryk aan vesel en kalium, maar andersyds propvol suiker wat jou hond gewig kan laat optel en sy spysvertering omkrap. Groot honde kan ‘n halwe piesang eet, terwyl twee of drie skyfies genoeg is vir klein honde.

 

Lees meer hier.