Oekraïne nootvas by Eurovision

~ Maroela Media, Mei 2022 ~

Die Oekraïense orkes Kalush het die afgelope naweek in Turyn, Italië, koning gekraai by die 65ste Eurovision-sangkompetisie met hul liedjie “Stefania”. Dit is die derde keer dat dié land die kompetisie wen. Die laaste keer was in 2016 toe Jamala met “1944” gewen het.

 

Nadat Kalush hul liedjie uitgevoer het, het hulle die miljoene kykers toegespreek en gesê: “Red Marioepol, red Oekraïne and help Azovstal”. Rusland is in Februarie uit die kompetisie geskop ná sy inval van dié land. Deelnemers van 40 Lande het sake vanjaar uitgesing, met 25 wat ná twee semifinalerondes aan die finale aand deelgeneem het.

 

“Stefania” is oorspronklik as huldeblyk aan sy ma deur Kalush se voorsange, Oleh Psiuk, geskryf, maar die liedjie het tydens die oorlog ‘n nuwe gedaante gekry as ‘n huldeblyk aan Oekraïne met die glasmikrofoontrofee op die podium staan.

 

Lees meer hier.