Vetsug ‘n ál gewigtiger saak

~ Maroela Media, Februarie 2022 ~

Obesiteit (vetsug) is ‘n pandemie waarvan die wêreldwye voorkoms steeds aan die toeneem is. Die voorkoms hiervan het net oor die afgelope paar dekades verdriebubbbel.

 

14 Februarie is nie net Valentynsdag met sy gebruiklike uitruil en verorber van onder meer sjokolade nie, maar plaaslik is Februarie ook die nasionale bewustheidsmaand vir ‘n gesonde leefstyl – die ideale geleentheid om oor dié gewigtige saak te besin.

 

Volgens die mediese joernaal Lancet is 40% van Suid-Afrikaanse mans en 70% van ons land se vroue oorgewig. Dit is twee uit elke drie vroue en twee uit elke vyf mans! Die Wêreldgesondheidsorganisasie het op sy beurt bevind dat byna 1,9 miljard volwassenes oorgewig is en 650 miljoen aan vetsug ly.

 

Lees meer hier.