Wat blom in Apple se boord?

~ Maroela Media, September 2021 ~

Apple-aanhangers wêreldwyd sit slaggereed om te sien watter sappige produkuitbreidings die tegnologiereus tydens die Suid-Afrikaanse lente in September gaan bekendstel.

 

Ofskoon dié geleentheid, wat vanjaar op 14 September (weer) virtueel gaan plaasvind en California Streaming gedoop is, gebruiklik deur heelwat gissing en gonsing voorafgegaan word, meen geesdriftiges dat die boord ryp is om die iPhone 13, Apple Watch 7 en moontlik selfs die AirPods 3 op die podium te plaas.

 

Daar word verwag dat Apple ook later vanjaar die sluier sal lig oor die iPad Mini 6 en die negende generasie iPad. Nog moontlikhede uit die ringvormige Apple-hoofkwartier kan insluit ‘n groter iMac aangedryf deur Apple se M1-skyfie en ‘n nuwe MacBook Pro en Mac Pro, ook toegerus met die kragtige M1-skyfie.

 

Lees meer hier.