Wat skuil agter dié niesbui?

~ Maroela Media, Oktober 2021 ~

Dis ‘n gehoes en geproes en geblaas. Jy’s nie seker wat is die hoogste nie: die berg snesies in die snippermandjie of jou frustrasievlak. Is dié nare niesbui die viervoetiges, verkoue of virus se skuld?

 

Volgens dr. Dirk Lombard, mediese dokter van Kempton Park, is dit soms moeilik om tussen ‘n allergie, griep (influenza) en ‘n algemene verkoue te onderskei, omdat al drie soortgelyk simptome het.

 

“Allergiese rinitis, griep en verkoue word gereeld met mekaar verwar. Tog is daar verskille in die oorsake, simptome en behandeling van elke toestand,” sê Lombard.

 

Lees meer hier.